The Neuro-Coach Method™

Word 'n Opgeleide en Geregistreerde Life Coach
(of 'n Neuro-Coach™)

(4 Opleidingsopsies om van te kies)

5 Redes waarom ander ons Life Coach opleiding gedoen het.

1.) Jy kan 'n deeltydse (of voltydse) praktyk hê en jou hart en passie om mense te help met selfvertroue uitleef!

Annekie Teessen (Onderwyseres)

Die opleiding met al die hulpmiddele gee my enorme selfvertroue en "tools" om mense effektief en optimaal te kan help.
Ek hoef nooit weer te wonder hoe om 'n sessie haarfyn te beplan nie, want die raamwerke en model help my om te weet hoe om enige sessie en enige persoon te kan hanteer.

Thys Veldsman (Pastoor)

The Neuro-Coach Method gee my die gereedskap wat ek kort gekom het om mense te help - ek kan mense baie beter help en lei om deur troebel en onseker water te kom, vry te kom van dit wat hul terughou, gesond te word van onderliggende emosionele kwessies en "limiting beliefs".
Ek het lewensveranderende metodes geleer!

2.) Jou praktyk kan jou inkomste aanvul en ander drome bewaarheid.

Liezl Brouwer (Pastorale Berader)

Ek hoef nooit meer terug te kyk nie.
Ek leef nou toekomsgedrewe omdat ek sukses in my praktyk ervaar met finansiële groei en werksekerheid.

Marinda de Jager (Life Coach en Funksionele Terapeut)

In 2019 het ek besluit dis tyd om ‘n droom wat ek baie lank terug weggepak
het, te gaan uithaal en afstof…die droom om ‘n eie berading en Life Coach praktyk te hê...
… toe kruis my pad op ‘n vreemde manier met The Neuro-Coach Method & MLNP en 4 maande nadat ek ingeskryf het vir TNCM was ek as Life Coach by ICR geregistreer.
Binne 6 maande was my praktyk vol bespreek en het dit vir my ‘n inkomste begin genereer.
2021 het begin met ‘n duidelike doelwit : ‘n spesifieke maandelikse inkomste wat ek uit Life Coaching wou maak…
Teen middel 2021 het ek ‘n MLNP-finansies-werkswinkel bygewoon en die limiet rondom my eie perspesie oor wat my tyd werd is geskuif – ‘n 50% verhoging… en teen einde 2021 die doelwit behaal.
2022 het weereens afgeskop met duidelike doelwitte en ‘n ‘sisteem-strek’ vir myself…hierdie keer was die oogmerk ‘n 100% groter inkomste… en ja, einde 2022 kyk ek dankbaar terug op die laaste drie maande van die jaar toe ek hierdie doelwit ook kon bereik.
TNCM &  MLNP het my droom vlerke gegee!

3.) Jy leer 'n Neurowetenskaplike tegniek waarmee jy vinniger, beter en
     langdurige resultate kry!

Barbara van Breda (Berader en Life Coach)

Dis die effektiefste metode wat ek nog teëgekom het.
Daar is onmiddellike resultate en dit is bevredigend om te weet daadwerklike verandering is regtig moontlik.

Adré Potigeter (Maatskaplike Werker en Life Coach)

Multi-Level Neuro-Processing (MLNP) gee vir my 'n "tool" om vinnige en effektiewe verligting van trauma te help bewerkstellig.
Die gevolg is dat in my praktyk ek hoofsaaklik MLNP as tegniek gebruik om verligting te bring van spanning, stres of trauma.
Dit is effektief, maklik om toe te pas en daar is verskil in die kliënt se lewe. Hul terugvoer is altyd positief of gevul met verwondering.

4.) Jy kry geldige en betroubare assesserings sodat jy presies weet hoekom en 
     waarmee jou kliënt sukkel.

Juhan van der Westhuizen (Pastorale Terapeut)

Die vooraf uitgewerkte raamwerke en assesserings help my om ander te kan assesseer en dan help om hul volle potensiaal te kan bereik.
Ek kan nou na 20 jaar as gekwalifiseerde pastorale terapeut werklik sien hoe mense in hul lewe groei en verander.
Ek hoef nie meer te wonder of mense gaan verander nie, ek sien telkens tydens 'n sessie hoe 'n wonderwerk voor my oë plaasvind.

Deon Nieman (Pastorale Berader en Life Coach)

The Neuro-Coach Method met al die raamwerke en assesserings is gestruktureerd en het my ‘n duidelike en breë basis gegee om vanaf te werk.
Die metode (met al die hulpmiddele) gee my selfversekering om van berader na life coach oor te beweeg.
Die grootste voordeel is die verkorte tyd om resultate in kliënte te sien.

5.) Jy kry nagevorsde beradings- en lewensafrigting teorie en raamwerke, sodat jy 
     van die eerste sessie af jou kliënt kan help.

Prof Marth Munro

Lifelong learning is essential - specifically in the filed of life coaching. Humans are complex. A skilled coach should be able to draw from many approaches.
This training specifically deals with diffusing or erasing habitual patterns (shaped by Procedural Memories) that may prevent the client to reach their most effective and optimal behaviour within context.
The approach is founded on strong research and scholarship.

Dr. Lenard Durand (Bedryfsielkundige)

Edgar se benadering (met MLNP) is verfrissend nuut en prakties uitvoerbaar. Dis verstommend doeltreffend. Ek is elke sessie opnuut verras deur die resultate.
Die kursus word op 'n sinvol-wetenskaplike manier aangebied en Edgar het 'n talent om inligting saam te stel in raamwerke wat praktiese toepassings bied.
Wat ander kursusgangers sê

Ds. Willem Breytenbach

Ek wens ek het hierdie kennis en gereedskap al 20 jaar gelede geweet.
Vir die eerste keer voel ek regtig ek kan lidmate met enige probleem wat hul het, suksesvol help.

Susan Leeuwner (Besigheidseienaar en Performance Coach)

Ek het laasjaar 18 life coach sessies met Edgar gehad.
Die eindresultaat was dat my besigheid 500% in 12 maande gegroei het, ek 15 kg minder weeg en ek weer normaal (sonder enige medikasie) kan slaap.
BAIE DANKIE!

Hanlie du Plooy (Berader, Life Coach en Spelterapeut)

Die samestelling van die kursus is van hoogstaande gehalte en die waarde in kennis uitstekend.
Ek het al baie kursusse bygewoon maar in my praktyk het nog geen opleiding die impak gemaak soos hierdie opleiding nie.
Ek gebruik die kennis en gereedskap op 'n daaglikse basis in my praktyk.

Bernadette de Wet (Social Worker and Life Coach)

The Neuro-Coach Method and MLNP trainings have made a huge impact on my professional and personal life.
I use the techniques daily in my Private Practice and it has enriched my therapeutic and coaching approach to better serve and help my clients.

Gawie Raubenheimer (Sielkundige)

Ek het nog altyd 'n passie vir life coaching gehad en glo die waarde daarvan word in Suid Afrika heeltemal onderskat.
Die kursus is uiters prakties en indien jy die kennis implementeer, kan jy wegspring met 'n hele kis vol gereedskap om mense met groot sukses te kan help.

 Ds. David Higgs

Ek gebruik dit met groot vrug in die bediening en is baie dankbaar ek het die opleiding gedoen.
Ek is aangenaam verras om te sien watter positiewe genesingseffek dit selfs op my beradingskliënte het.

 Liezl Brouwer (Pastorale Berader en Life Coach)

Ons probeer altyd vanuit ons bewustelike brein verandering fasiliteer. Die Neuro-Coach Method werk egter op 'n dieper vlak en die verandering is blywend.
Ek het gedurende die opleiding ongelooflike persoonlike transformasie ervaar. Selfs my gesondheid het tot so mate verbeter dat ek nie meer medikasie benodig nie.
Ek is dankbaar teenoor die Here dat daar sulke opleiding beskikbaar is.

Ds. Jacques Erasmus

Wat hierdie opleiding anders maak is dat jy kennis en gereedskap kry en prakties toegerus word om mense se wêrelde positief te verander - daar is onmiddelike verandering in hul toekomsvisie en lewenskoers. 

Elzette Reed (Berader en Life Coach)

The Neuro-Coach Method en MLNP bied vir my 'n model en tegniek wat ek met elke kliënt en in alle gevalle kan toepas.
Ek kan nou met selfvertroue resultate verwag en hoef nooit meer "moeilike gevalle" te verwys nie.
Twyfel is iets van die verlede en ek word gedurig (dmv die Neuro-Coach Community) op hoogte van die nuutste navorsing gehou. 

Almarie Fourie (Arbeidsterapeut en Wellness Coach)

MLNP gee vir my 'n metode om tydens sessies kliënte se volle brein potensiaal te benut. God het ons met 'n magnificent brein geskep wat enige iets kan prosesseer sodat ons voluit, gelukkig en vry kan leef!
Die gevolg is dat in my praktyk ek nou emosionele genesing kan sien gebeur wat blywend is.
Copyright 2023 - The Neuro-Coach Method™
Powered By ClickFunnels.com